Uit die hoof se pen


Hoe geseënd is ek, om as hoof, voor te stap met dinamiese personeel wat regtig ‘n hart het vir ons leerlinge; wat nie bang is om die ekstra myl vir ons leerlinge te stap nie.

‘n Personeelkorps wat empatie en simpatie het en nie skroom om ons leerlinge en gemeenskap te dien nie. Ons is trots op ons spoggerige terrein – dit dra by om die veilige hawe vir ouers, leerlinge en ons personeel te skep.

Kollegepark is baie trots op ons arbeiders en faktotum wat die terrein en geboue in so ‘n puik toestand hou.

Laerskool Kollegepark is ‘n skool waar ons poog om elke kind veilig en geborge te laat voel, waar ons ‘n daadwerklike verskil aan elke kind se lewe te maak.


Kollegepark – ‘n skool waar ‘n kind nog ‘n kind kan wees!

Vinnige Skakels


aansoekvorms
skoolfonds
skooldrag
Kommunikasiekanale