Wat bied ons?
Graad RR – Besige-bytjies
Splinternuwe Spoggerige ᴋʟᴀssɪᴇs en 𝕊𝕡𝕖𝕖𝕝𝚝𝚎𝚛𝚛𝚎𝚒𝚗 vir ons Graad RR-𝙱𝚎𝚜𝚒𝚐𝚎 𝚋𝚢𝚝𝚓𝚒𝚎𝚜!
𝙸𝚗 Graad 𝚁𝚁 𝘴𝘱𝘦𝘦𝘭 𝚘𝚗𝚜 𝚎𝚕𝚔𝚎 𝚍𝚊𝚐 𝘢𝘴𝘰𝘧 𝘰𝘯𝘴 𝘯𝘶𝘸𝘦 𝘢𝘷𝘰𝘯𝘵𝘶𝒓𝒆 𝘢𝘢𝘯𝘱𝘢𝘬 𝘦𝘯 𝘸𝘢𝘵 𝘪𝘴 𝘯𝘰𝘶 𝗹𝗲𝗸𝗸𝗲𝗿𝗱𝗲𝗿 𝗼𝗺 𝘀𝗼 𝘀𝗽𝗲𝗲𝗹–𝘀𝗽𝗲𝗲𝗹 𝘵𝘦 𝘭𝘦𝘦𝘳 𝘪𝘯 ‘𝘯 𝘍𝘢𝘯𝘵𝘢𝘴𝘪𝘦𝘸ê𝘳𝘦𝘭𝘥.
𝘖𝘯𝘴 𝗻𝘂𝘄𝗲 fasiliteite bied meer ruimte en geleenthede vir 𝘎𝘳𝘰𝘦𝘪 𝘦𝘯 K𝘪𝘯𝘥𝘸𝘦𝘦𝘴.
𝘖𝘯𝘴 moderne klaskamers is 𝗛𝗲𝗹𝗱𝗲𝗿, vrolik en spesiaal ingerig om kreatiewe denke 𝘁𝗲 𝗯𝗲𝘃𝗼𝗿𝗱𝗲𝗿.
𝘈𝘭 𝘥𝘪𝘦 nuwe toevoegings het al 𝘎𝘙𝘖𝘖𝘛 glimlagte gebring en ons kan nie wag om te sien hoe ons klein leerders groei en 𝘉𝘭𝘰𝘮 in hierdie wonderlike nuwe omgewing nie!
“Everyone have a sᴜᴘᴇʀᴘᴏᴡᴇʀ 𝕚𝕥 𝕠𝕟𝕝𝕪 𝕟𝕖𝕖𝕕 𝕥𝕠 𝕓𝕖 𝒅i𝒔𝒄𝒐𝒗𝒆𝒓e𝒅“
Graad R
Graad R
Kollegepark se Graad R- BABBELBYTJIES is die heel slimste, want in Graad R skryf ons nog die minste. Ons bou ons name, letters en nommers met doppies en klei . Ons kan elke pouse op klimrame speel en van die glyplank af gly. Springtou-spring, balle bons en liedjies sing…
Is gewis aktiwiteite wat elke dag baie vreugde bring. Om na die mooiste stories te luister, sluit wêrelde oop, bak en brou of Snoepie is waarvoor elke Graad R op Vrydae hoop.
By Kollegepark se Graad R’e is dit net belangrik om ’n gelukkige kindjie te wees en daarom is elke dag net ’n kleurvolle fees.
Graad 1
Graad 1 “Parra-been” is waar ons gou slim-slim leer van 1+1.
Juffrou leer ons woorde lees en sinne skryf. Gou is ons groot en nie meer vyf nie.
Op Dinsdae is Liggaamlike Oefening vir ons belangrik en bou ons aan sterk spiere.
Elke Graad 1- kind in Laerskool Kollegepark het die mooiste maniere. Lees, skryf en om somme te kan doen, is elke Graad 1-leerder se passie, daarom het ons oulike juffrouens in vier klein klassies.
Hier by Laerskool Kollegepark in Graad 1, is waar jy elke dag wil wees!
AANHOUERS WEN…
Is ons strewe en gees.
Ons bied ook vanaf 2022 met trots Future Fun CAPS aan vir ons Graad 1 tot 3 leerders. Future Fun CAPS is ‘n elektroniese reeks wat die onderrig en leerervaring van elke leerder en onderwyser ondersteun en verbeter.
Ons bied ook gereeld geleenthede aan die leerders om deel te neem aan ‘n pretloop, kaskarwedrenne, “Funky-dae”, Hartjie-dag, Lentedag, Hop-aande, waterspele en spesiale geleenthede soos Mnr. Herbst se verjaarsdag.
Ons verryk die CAPS (KABV) kurrikulum met ons jaarlikse Entrepreneursdag en maandelikse koekverkopings. Ons fokus ook op elke leerder se geestelike ontwikkeling en waardes, waar leerders VCSV-byeenkomste kan bywoon, asook die kampe wat vir leerders en gesinne aangebied word. Ons bied ook ‘n jaarlikse Lofprysaand aan.
Ons leerlinge is ook aktief betrokke in ons gemeenskap deur uitreik aksies by kinderhuise en outehuise. Die Graad 7’s van 2018 het ook ‘n opruimingsprojek in SE 7 met groot sukses geloods wat jaarliks van krag tot krag gaan.